Prophet

Prophet, or Talking Ass?

Monday, August 23, 2010

Ierse en Walliese skytsregters kry eervolle vermelding.

Die Kunste Akademie vir Kultuur wil hiermee graag 'n buitengewone toekenning aan Walliese skyt-sregter Nigel Owens oorhandig vir hoogs vermeldbare optrede in die lyn van diens.

Die manier waarop hy meesterlik die fluitjie op Soccer City hanteer het in die Drie Nasies wedstryd tussen Suid-Afika en New Zealand verwys.

Van die begin van die wedstryd af kon 'n mens sien Mnr Owens het sake deeglik in beheer. Hy het die vermoë ontwikkel om anders te kyk wanneer iemand met 'n swart trui dalk 'n bal vorentoe laat val. Dié mense kom van verder suid, en dit kan wees dat gravitasie erger is daar aan die anale kant van die aardbol. Daarom moet hulle die voordeel van die twyfel kry, dis tog net regverdig. Verder kan 'n mens ook nie die geleentheid vir 'n pragtige drie verby laat gaan nie. Daarom kan dit net 'n optiese illusie wees dat die bal ontvanger voor die sender was- die hoek waarmee 'n mens op 'n rugbyveld kyk na die spel, kan tog misleidend wees.

Mnr Owens het gepaste respek vir die kaptein, ene mnr Ritchie McCaw. Dié is tog wyd bekend as 'n harde speler, dog eerbare man. Hy sal verseker nie van die kant van 'n losskrum inkom, of enigsens die bal se vloei uit genoemde skrum belemmer nie. As dit so sou wees, sou hy tog 'n geel kaart of sewe al vroeër in die seisoen opgetel het. Die feit dat die meeste van die ander Walliese en Ierse kollegas nog nie rede gesien het om geel, of selfs rooi te wys nie, wys dat Mnr Owens se opsomming van die spel inderdaad die korrekte interpretasie van die 901 reëls van moderne rugby is.

Mnr Owens verdien 'n spesiale vermelding vir posisionele spel. Die manier waarop hy meesterlik onder Schalk Burger beland het, het bygedra tot die kykers se genot, en beslis die dag meer aanskoulik gemaak.

Dis vir ons dus 'n besondere eer om aan mnr Nigel Owens die Donkiedrol van die Jaar toekenning te oorhandig. Ons wens hom en sy kollegas 'n baie geseënde opelyf toe, en dat daar nie te veel papierwerk by die Ontvanger van Ontlasting sal wees nie.