Prophet

Prophet, or Talking Ass?

Monday, May 31, 2010

Ons bloed is blou!

Saterdag 29 Mei 2010- die slag van Soweto.
Nee, het toe nie kans gesien om weer deur te ry nie. Ons het iets baie lekkerder beleef. So is 'n groep goeie vriende toe saam by een se huis, wat 'n dataprojektor en lekker klank het. Ons het saam die rugby geniet, party meer as ander. Dit het darem nie gelyk of daar enige Stormers was nie (anders was hulle goed under-cover!) Die Sharks onder ons was ook nie te luiddrugtig nie.

Wel, die wedstryd het toe mooi verloop, net jammer ons kon nie 'n goeie Habana/ Van der Heever tweestryd sien nie.
Na die rugby het ons baie lekker Sushi geëet- nogal in die Bosveld! Net om die ander kant van die wêreld ook te konsidireer, het ons Nachos ook geëet. DIt was toe 'n heel vreetsame aand, maar die dag is gewen deur Windhoek. Ek wil net baie dankie sê vir die manne daar in Yskorstraat in Windhoek, die Draught was heel aanvaarbaar, en het meegewerk tot 'n heerlike warm gloed toe die Bulle die wedstryd wen.

BAie dankie vir Sushimeester en al die ander goeie vriende, dit was nou 'n heerlike aand saam met julle!

Monday, May 24, 2010

Rugby in Soweto- die Realiteit

Saterdagoggend 10 uur- vier manne vertrek vol bravado van ons plattelandse dorpie af: ons gaan rugby kyk in SOweto! Ons gaan betyds wees! Half twaalf stop ons gou in die groot stad, om vinnig iets te eet. Ry 'n uur later- ons gaan betyds wees! Dis nog 63 km tot by Nasrec, sê die GPS. 32 minute onder normale omstandighede. Ons gaan betyds wees. Later nog net 2 km oor. En ons staan doodstil op die N1. EN luister na die radio. En wens ons was naby 'n toilet. Ons gaan betyds wees. 'n Uur later- 450 m in 1 uur gevorder. Ek moet 'n vinniger bakkie kry! Ons gaan... Sal die dames sien as ons hier langs die bakkie watertjies los? Nog 'n uur later- nog 750 m gevorder. Wil padwoede begin pleeg vir al die mense wat heel regs tot voor jaag, en dan hulle pad in die ry in forseer. As een van julle ooit hier lees: mag jou sagte dele ewiglik begin jeuk, en jou vingers in vishoeke verander! Gaan ons betyds wees? Dis 16h35- die wedstryd skop 17ho00 af, en ons in nog 10 km weg van Orlando Stadium. Ons moet nog die bakkie parkeer, en op 'n bus klim saam met 3 miljoen ander blou mense (Avatar?) Dog die stadion vat net 39 000.

Ons skarrel vir die busse, en raak weg van mekaar. Gelukkig het elkeen sy eie kaartjie. Uiteindelik op 'n bus. GAAN ONS BETYDS WEES??? Nou ja, uiteindelik plek gekry op ry Q 837, 20 minute in die wedstryd in.

Maar die Bulle het opgemaak daarvoor! Die bietjie wat ons van reg agter die doelpale kon sien, was baie mooi. Asemrowend! Die Bulle wen die semi-finaal teen die Crusaders 39-24. Nie so "kontroversieël" soos laas keer nie!
Tienuur die aand al by die huis gewees- heel nugter- hoe nou anders met 2 dominees en 'n landdros en 'n personeelbestuurder dan saam?

DIe donkievy vir die dag gaan vir die Metropolisie van Johannesburg vir hulle uitstekende hantering van die verkeer op die N1. Daar was groot sokker by Soccer City by Nasrec 4 uur, en die parkering vir Orlando Stadium se Park en Ride ook daar. Dit vat mos 'n rocket scientist om te dink daar gaan dalk net verkeersmense op die N1 se afdraai nodig wees om seker te maak almal bly in hulle bane. Al waar ons die manne met die houdings en darkies op hulle motorfietse gesien het, was soos vlieë om 'n drol toe die busse met die spelers verby gekom het.

Maar 'n goue DONKIEDROL vir die man in die bus wat sy Vuvuzela in my oor geblaas het. EK hoop die Proktoloog sukkel nou nog daar by Baragwanath om die plastiese pislelie uit sy alie uit te haal!

Alles in ag genome, was dit steeds 'n goeie dag. Gaan ek Saterdag weer Orlando toe vir die eindstryd? Nee, te veel van 'n goeie ding is ook nie goed nie! Sal maar die vleis en bier, vriende en chips nader trek, en dan doen ons dit by die huis.

Friday, May 21, 2010

Rugby in Soweto- die opwinding

So kom my vriend mos nou uit met die groot pastorale nood: sy doom moet saam met hom Soweto toe gaan. Ons het 4 kaartjies vir daardie een Bulle-game wat nooit weer gaan wees nie- die Super 14 Semifinaal teen die Crusaders. Loftus is weggegee vir FIFA, die eindstryd gaan voor 2 biljoen mense daar plaasvind, daarom kort daar nuwe gras. Bakkies het die ou gras opgehel, daarom is hy vir 4 weke geskors. Die ander ou het lelike grassburns oor sy hele lyf!

Ons moet Soweto toe- seker Kaizer Chiefs se stadion- ek weet nie. Hoor al lankal grappies oor hierdie een, hoe ons met karre soontoe gaan, en met gratis busse teruggebring word.

In elk geval, toe begin die stryd om daar te kom. Die gebied rondom Orlando stadion is toe vir die dag. Die enigste parkering beskikbaar is so neffens Winnie Mandela se huis, of anderkant die dwelmbaas se shack. Alternatief op die Internet- gaan parkeer by Nasrec, noudat die Paasskou verby is, is daar baie parkeerplek. Kry jou kaartjies by Computicket. Maar Computicket op my rekenaar is moeilik, daar is 'n magtiging wat ek nie ken nie, nie verstaan nie. My kredietkaart is onwillig vir vreemde mense. Na Shoprite toe. Twee keer vries hulle rekenaar vas. Die dame wat help lyk ok nie of sy mooi verstaan nie. Bel Computicket, kom binne oomblikke reg, selfs telefonies betaal met Visa. Nou die probleem: kry die kaartjies by die naaste Shoprite. Ag %@#$! Dieselfde dame. Dieselfde reaksie. Bel weer vir Computicket. Hulle sê: sê vir haar sy moet retail service bel. Sy roep haar superviser. Twee staar nou na die rekenaarskerm, wat my onterugbetaalbare kaartjies moet uitspoeg. Uiteindelik kry een die blink plan: Bel Retail Service... Eish!!! Later, heelwat later, spoeg die printer die kaartjies uit.

In elk geval- nou het ons 4 kaartjies, 1 voertuigparkering, 4 buskaartjies, 2 dominees, een landdros, en een personeelbestuurder reg vir more se groot game. Ons kort nog die koelboks, die biltong, die naartjies, die Castles... Moet nog Old Mutual bel en die lewensversekering uitklaar, bulletproof baadjies soek... Maar ons sien uit!

Die donkiedrol vir vandag: Daardie bliksems wat vir baba Marzanne Kruger so geslaan het dat sy vandag blind uit die hospitaal ontslaan is. Watter tipe mens moet so 'n pragtige baba so aanrand? Kan die polisie hulle nie Verdrag toe vat, voor op die Casspir vasmaak, en deur die sekelbosse gaan jaag nie? Net so nou en dan verlang 'n mens terug na die ou Suid-Afrika!

Wednesday, May 19, 2010

'n Donkie word gebore/ an ass is born...

Geliefde Broeders en Susters

IN ons gelese teksgedeelte, naamlik Numeri 22, vind ons die wonderlike verhaal van die esel wat kon praat. Bileam word gehuur om die kinders van die Here te gaan vloek, maar die Here hou nie van die idee nie, en belet hom. Bileam ry tog met eersgenoemde esel om te gaan kyk wat aangaan. Soos my ma, en my ouma sou sê: Hy het nie ore nie! Wanneer die doodsengel in die pad staan, gereed met die swaard van oordeel, red die donkie drie maal vir Bielie. Maar drie keer word hy goed geraps. Dan praat die esel, en vra in Numeri 22:28 waarom Bielie hom so slaan. Was hy dan nie nog altyd 'n goeie dierasie nie, betroubaar en van hoë morele sedes? 'n Mens sou kon sê: van pragtige inbors...

Die les wat ons daaruit leer, geliefdes, is dat 'n mens soms hard geslaan word as jy die regte dinge probeer doen. Of, as jy &*& aanjaag, gaan die esel dit dalkies net vir jou sê. Partymaal het 'n donkie 'n beter oog vir die waarheid, as 'n profeet.

Op die platteland voel die dominee soms eensaam. Goeie vriende, en 'n ordentlike bottel rooiwyn om 'n kampvuur nie maklik bereikbaar nie. Om van die KWV op die ys nie te praat nie! 'n Donkie is mos maar geduldig, gedienstig en gedweë. En tog sou 'n dominee (ek haat daardie titel!) ook soms net êrens soos 'n donkie 'n spreekbeurt wou hê. Dis waar hierdie blog sy oorsprong vind. Al lees niemand behalwe my talentvolle, sexy vrou dit nie! Soos Bielie se donkie wil ek ok maar net ietsie sê, so nou en dan. Dalk verstaan ek ook nie altyd hoekom ek so hard gebliksem word nie. Daar is so baie dinge wat ek deesdae oor wonder. Daar is so min antwoorde.

Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël, en ons sien 'n raaiselagtige beeld. Dit sou soveel lekkerder wees om dit eerder op 'n satelietskottel te sien, en te verstaan...