Prophet

Prophet, or Talking Ass?

Monday, May 24, 2010

Rugby in Soweto- die Realiteit

Saterdagoggend 10 uur- vier manne vertrek vol bravado van ons plattelandse dorpie af: ons gaan rugby kyk in SOweto! Ons gaan betyds wees! Half twaalf stop ons gou in die groot stad, om vinnig iets te eet. Ry 'n uur later- ons gaan betyds wees! Dis nog 63 km tot by Nasrec, sê die GPS. 32 minute onder normale omstandighede. Ons gaan betyds wees. Later nog net 2 km oor. En ons staan doodstil op die N1. EN luister na die radio. En wens ons was naby 'n toilet. Ons gaan betyds wees. 'n Uur later- 450 m in 1 uur gevorder. Ek moet 'n vinniger bakkie kry! Ons gaan... Sal die dames sien as ons hier langs die bakkie watertjies los? Nog 'n uur later- nog 750 m gevorder. Wil padwoede begin pleeg vir al die mense wat heel regs tot voor jaag, en dan hulle pad in die ry in forseer. As een van julle ooit hier lees: mag jou sagte dele ewiglik begin jeuk, en jou vingers in vishoeke verander! Gaan ons betyds wees? Dis 16h35- die wedstryd skop 17ho00 af, en ons in nog 10 km weg van Orlando Stadium. Ons moet nog die bakkie parkeer, en op 'n bus klim saam met 3 miljoen ander blou mense (Avatar?) Dog die stadion vat net 39 000.

Ons skarrel vir die busse, en raak weg van mekaar. Gelukkig het elkeen sy eie kaartjie. Uiteindelik op 'n bus. GAAN ONS BETYDS WEES??? Nou ja, uiteindelik plek gekry op ry Q 837, 20 minute in die wedstryd in.

Maar die Bulle het opgemaak daarvoor! Die bietjie wat ons van reg agter die doelpale kon sien, was baie mooi. Asemrowend! Die Bulle wen die semi-finaal teen die Crusaders 39-24. Nie so "kontroversieël" soos laas keer nie!
Tienuur die aand al by die huis gewees- heel nugter- hoe nou anders met 2 dominees en 'n landdros en 'n personeelbestuurder dan saam?

DIe donkievy vir die dag gaan vir die Metropolisie van Johannesburg vir hulle uitstekende hantering van die verkeer op die N1. Daar was groot sokker by Soccer City by Nasrec 4 uur, en die parkering vir Orlando Stadium se Park en Ride ook daar. Dit vat mos 'n rocket scientist om te dink daar gaan dalk net verkeersmense op die N1 se afdraai nodig wees om seker te maak almal bly in hulle bane. Al waar ons die manne met die houdings en darkies op hulle motorfietse gesien het, was soos vlieë om 'n drol toe die busse met die spelers verby gekom het.

Maar 'n goue DONKIEDROL vir die man in die bus wat sy Vuvuzela in my oor geblaas het. EK hoop die Proktoloog sukkel nou nog daar by Baragwanath om die plastiese pislelie uit sy alie uit te haal!

Alles in ag genome, was dit steeds 'n goeie dag. Gaan ek Saterdag weer Orlando toe vir die eindstryd? Nee, te veel van 'n goeie ding is ook nie goed nie! Sal maar die vleis en bier, vriende en chips nader trek, en dan doen ons dit by die huis.

No comments:

Post a Comment