Prophet

Prophet, or Talking Ass?

Friday, May 21, 2010

Rugby in Soweto- die opwinding

So kom my vriend mos nou uit met die groot pastorale nood: sy doom moet saam met hom Soweto toe gaan. Ons het 4 kaartjies vir daardie een Bulle-game wat nooit weer gaan wees nie- die Super 14 Semifinaal teen die Crusaders. Loftus is weggegee vir FIFA, die eindstryd gaan voor 2 biljoen mense daar plaasvind, daarom kort daar nuwe gras. Bakkies het die ou gras opgehel, daarom is hy vir 4 weke geskors. Die ander ou het lelike grassburns oor sy hele lyf!

Ons moet Soweto toe- seker Kaizer Chiefs se stadion- ek weet nie. Hoor al lankal grappies oor hierdie een, hoe ons met karre soontoe gaan, en met gratis busse teruggebring word.

In elk geval, toe begin die stryd om daar te kom. Die gebied rondom Orlando stadion is toe vir die dag. Die enigste parkering beskikbaar is so neffens Winnie Mandela se huis, of anderkant die dwelmbaas se shack. Alternatief op die Internet- gaan parkeer by Nasrec, noudat die Paasskou verby is, is daar baie parkeerplek. Kry jou kaartjies by Computicket. Maar Computicket op my rekenaar is moeilik, daar is 'n magtiging wat ek nie ken nie, nie verstaan nie. My kredietkaart is onwillig vir vreemde mense. Na Shoprite toe. Twee keer vries hulle rekenaar vas. Die dame wat help lyk ok nie of sy mooi verstaan nie. Bel Computicket, kom binne oomblikke reg, selfs telefonies betaal met Visa. Nou die probleem: kry die kaartjies by die naaste Shoprite. Ag %@#$! Dieselfde dame. Dieselfde reaksie. Bel weer vir Computicket. Hulle sê: sê vir haar sy moet retail service bel. Sy roep haar superviser. Twee staar nou na die rekenaarskerm, wat my onterugbetaalbare kaartjies moet uitspoeg. Uiteindelik kry een die blink plan: Bel Retail Service... Eish!!! Later, heelwat later, spoeg die printer die kaartjies uit.

In elk geval- nou het ons 4 kaartjies, 1 voertuigparkering, 4 buskaartjies, 2 dominees, een landdros, en een personeelbestuurder reg vir more se groot game. Ons kort nog die koelboks, die biltong, die naartjies, die Castles... Moet nog Old Mutual bel en die lewensversekering uitklaar, bulletproof baadjies soek... Maar ons sien uit!

Die donkiedrol vir vandag: Daardie bliksems wat vir baba Marzanne Kruger so geslaan het dat sy vandag blind uit die hospitaal ontslaan is. Watter tipe mens moet so 'n pragtige baba so aanrand? Kan die polisie hulle nie Verdrag toe vat, voor op die Casspir vasmaak, en deur die sekelbosse gaan jaag nie? Net so nou en dan verlang 'n mens terug na die ou Suid-Afrika!

No comments:

Post a Comment