Ons het gisteraand van vakansie af teruggekom. Ek het nou vroegoggend wakker geword, met die vreemdste droom, wat ek graag wil neerskryf voordat dit weer verlore gaan.
Ek droom dat alles in my lewe skeefgeloop het. Op 'n manier het ek alles verloor wat ek oor die jare bymekaar gemaak het. EK dink nogal nie familielewe is daarby betrek nie- dit was nie deel van die droom nie. Maar ek het my beroep as predikant in 'n gemeente verloor. Daar was 'n groot stuk hartseer en verlies as basis van die droom.
Al wat ek oor het, is my gehawende Volkswagen Beetle, wat net- net op die pad is, maar olie mors oral waar hy gaan. En die enigste uitkoms vir ons finansies is om terug te gaan Weermag toe, ek onthou duidelik dat ek die rangtekens van 'n dienspligkapelaan dra. Na Negentien jaar is ek weer terug waar ek begin het- "square 1". Op 'n manier is daar 'n ou, gehawende tjello wat ek by iemand gekry het, wat moet teruggaan Weermag toe. Op die tjello staan gestempel: "Geskenk deur die Suiderkruisfonds. Vir gebruik op die grens..."
Die uniform sit vreemd aan my na al die jare. My hande is vol bagasie van goed wat ek nodig het. Maar in my agterkop onthou ek vaagweg dat ek sekere mense sal moet salueer as hulle verby kom. Ek, en die tjello, en die hande vol bagasie, sukkel deur die weermagbasis om in te klaar. Langs die pad ontmoet ek 'n ander ou, ook met pers rangtekens, maar dit klink of hy meer in 'n finansiële rigting is. Maar soos ek moet hy ook terug weermag toe gaan. Hy dra 'n klein viool in 'n pragtige tassie saam met hom rond.
EK en hy moet saam na die offisiersmenasie toe gaan met ons bagasie, die tjello en die viool. Maar die Beetle wil nie aan die gang kom nie. Later sit ons moedeloos buite die Beetle onder 'n boom- ons kan nêrens heen gaan nie. Ek hou die Suiderkruis tjello vas. En ek begin tokkel op die snare, soos op 'n kitaar. Druk, en speel met een vinger. Dit klink vir my mooi, dit breek die aaklige stilte in my hart. Maar my nuwe vriend, wat soos 'n nerd lyk met dik glase in sy bril, vra of hy maar mag. Hy vat die tjello, en begin dit instem. Dan neem hy sy viool se strykstok. EN skielik begin die mooiste musiek uit daardie tjello uit kom... Die hele basis se mense drom later saam om die stukkende Beetle, die dienspligkapelaan, die finansiële ou met die dik bril, en die mooiste musiek. "Bach" reken die een klerk. " Nee, dis Mozart" sê 'n ander blonde dame. Die generaal se vrou sê dat sy eerder dink dis Chopin. Dit was toe Bach se Cello Suite no 1 in G...
Met die samedromming om die Beetle stamp iemand 'n 2 liter Cokebottel sonder prop op die Beetle se dak om. Dit val in die Beetle, en begin al die bagasie vol klewerige, karamellerige gemors spuit. Alles is taai en vuil in die motor. EN ons moet die tjello inlaai, en self inklim om te ry. Maar alles is taai en vuil. En as die motor dan uiteindelik weer aan die gang kom, is dit wat in die lug hang, steeds die musiek. En die ou, verflenterde Suiderkruis tjello sing 'n warm Suid-Amerikaanse tango uit...
Prophet
Prophet, or Talking Ass?
Sunday, June 20, 2010
Tuesday, June 8, 2010
Die Ringsitting
Daar sit ons toe mooi in 'n sirkel, die hele dag lank. Ons is God se mense in ons gebied. Ons het die wysheid in pag, want daar is meer van ons bymekaar. Ons debatteer. Ons praat so mooi! Ons intonasie en ons stemtoon is afgerond, elke woord word gepoleer, en aangebied soos 'n skouperd. Ons lees baie papiere, party van hulle vertel ons eie storie. Daardie blinkgepoetste storie wat ons so graag wil hê ander mense moet glo van ons. Ons kyk powerpoint aanbiedings. Ons sien pyltjies gaan op, ander pyltjies gaan weer af. Ons spreek mekaar as broer en suster aan. Ons eet biltong en koeksisters.
Dan... die OOMBLIK! Iemand sê iets lelik. Trane vloei vrylik. Hoe kan die wêreld so wreed wees? Twee kollegas is in hulle moer... Die papiere ritsel, die stemtone styg, die planne raak op. Toemaar broers, volgende jaar lyk dit miskien beter... Kom ons stel dit uit vir volgende jaar, hierdie tyd. Dan sal ons weer mooi in 'n sirkel sit, die hele dag lank. Dan is ons weer God se mense in ons gebied. Dan het ons meer wysheid, dan praat ons weer so mooi. Miskien sal daar weer biltong en koeksisters wees...
Gaan dan heen, en sondig nie meer nie. Die Here seën ons...

Monday, May 31, 2010
Ons bloed is blou!
Saterdag 29 Mei 2010- die slag van Soweto.
Nee, het toe nie kans gesien om weer deur te ry nie. Ons het iets baie lekkerder beleef. So is 'n groep goeie vriende toe saam by een se huis, wat 'n dataprojektor en lekker klank het. Ons het saam die rugby geniet, party meer as ander. Dit het darem nie gelyk of daar enige Stormers was nie (anders was hulle goed under-cover!) Die Sharks onder ons was ook nie te luiddrugtig nie.
Wel, die wedstryd het toe mooi verloop, net jammer ons kon nie 'n goeie Habana/ Van der Heever tweestryd sien nie.
Na die rugby het ons baie lekker Sushi geëet- nogal in die Bosveld! Net om die ander kant van die wêreld ook te konsidireer, het ons Nachos ook geëet. DIt was toe 'n heel vreetsame aand, maar die dag is gewen deur Windhoek. Ek wil net baie dankie sê vir die manne daar in Yskorstraat in Windhoek, die Draught was heel aanvaarbaar, en het meegewerk tot 'n heerlike warm gloed toe die Bulle die wedstryd wen.
BAie dankie vir Sushimeester en al die ander goeie vriende, dit was nou 'n heerlike aand saam met julle!

Monday, May 24, 2010
Rugby in Soweto- die Realiteit
Saterdagoggend 10 uur- vier manne vertrek vol bravado van ons plattelandse dorpie af: ons gaan rugby kyk in SOweto! Ons gaan betyds wees! Half twaalf stop ons gou in die groot stad, om vinnig iets te eet. Ry 'n uur later- ons gaan betyds wees! Dis nog 63 km tot by Nasrec, sê die GPS. 32 minute onder normale omstandighede. Ons gaan betyds wees. Later nog net 2 km oor. En ons staan doodstil op die N1. EN luister na die radio. En wens ons was naby 'n toilet. Ons gaan betyds wees. 'n Uur later- 450 m in 1 uur gevorder. Ek moet 'n vinniger bakkie kry! Ons gaan... Sal die dames sien as ons hier langs die bakkie watertjies los? Nog 'n uur later- nog 750 m gevorder. Wil padwoede begin pleeg vir al die mense wat heel regs tot voor jaag, en dan hulle pad in die ry in forseer. As een van julle ooit hier lees: mag jou sagte dele ewiglik begin jeuk, en jou vingers in vishoeke verander! Gaan ons betyds wees? Dis 16h35- die wedstryd skop 17ho00 af, en ons in nog 10 km weg van Orlando Stadium. Ons moet nog die bakkie parkeer, en op 'n bus klim saam met 3 miljoen ander blou mense (Avatar?) Dog die stadion vat net 39 000.
Ons skarrel vir die busse, en raak weg van mekaar. Gelukkig het elkeen sy eie kaartjie. Uiteindelik op 'n bus. GAAN ONS BETYDS WEES??? Nou ja, uiteindelik plek gekry op ry Q 837, 20 minute in die wedstryd in.
Maar die Bulle het opgemaak daarvoor! Die bietjie wat ons van reg agter die doelpale kon sien, was baie mooi. Asemrowend! Die Bulle wen die semi-finaal teen die Crusaders 39-24. Nie so "kontroversieël" soos laas keer nie!
Tienuur die aand al by die huis gewees- heel nugter- hoe nou anders met 2 dominees en 'n landdros en 'n personeelbestuurder dan saam?
DIe donkievy vir die dag gaan vir die Metropolisie van Johannesburg vir hulle uitstekende hantering van die verkeer op die N1. Daar was groot sokker by Soccer City by Nasrec 4 uur, en die parkering vir Orlando Stadium se Park en Ride ook daar. Dit vat mos 'n rocket scientist om te dink daar gaan dalk net verkeersmense op die N1 se afdraai nodig wees om seker te maak almal bly in hulle bane. Al waar ons die manne met die houdings en darkies op hulle motorfietse gesien het, was soos vlieë om 'n drol toe die busse met die spelers verby gekom het.
Maar 'n goue DONKIEDROL vir die man in die bus wat sy Vuvuzela in my oor geblaas het. EK hoop die Proktoloog sukkel nou nog daar by Baragwanath om die plastiese pislelie uit sy alie uit te haal!
Alles in ag genome, was dit steeds 'n goeie dag. Gaan ek Saterdag weer Orlando toe vir die eindstryd? Nee, te veel van 'n goeie ding is ook nie goed nie! Sal maar die vleis en bier, vriende en chips nader trek, en dan doen ons dit by die huis.

Friday, May 21, 2010
Rugby in Soweto- die opwinding
So kom my vriend mos nou uit met die groot pastorale nood: sy doom moet saam met hom Soweto toe gaan. Ons het 4 kaartjies vir daardie een Bulle-game wat nooit weer gaan wees nie- die Super 14 Semifinaal teen die Crusaders. Loftus is weggegee vir FIFA, die eindstryd gaan voor 2 biljoen mense daar plaasvind, daarom kort daar nuwe gras. Bakkies het die ou gras opgehel, daarom is hy vir 4 weke geskors. Die ander ou het lelike grassburns oor sy hele lyf!
Ons moet Soweto toe- seker Kaizer Chiefs se stadion- ek weet nie. Hoor al lankal grappies oor hierdie een, hoe ons met karre soontoe gaan, en met gratis busse teruggebring word.
In elk geval, toe begin die stryd om daar te kom. Die gebied rondom Orlando stadion is toe vir die dag. Die enigste parkering beskikbaar is so neffens Winnie Mandela se huis, of anderkant die dwelmbaas se shack. Alternatief op die Internet- gaan parkeer by Nasrec, noudat die Paasskou verby is, is daar baie parkeerplek. Kry jou kaartjies by Computicket. Maar Computicket op my rekenaar is moeilik, daar is 'n magtiging wat ek nie ken nie, nie verstaan nie. My kredietkaart is onwillig vir vreemde mense. Na Shoprite toe. Twee keer vries hulle rekenaar vas. Die dame wat help lyk ok nie of sy mooi verstaan nie. Bel Computicket, kom binne oomblikke reg, selfs telefonies betaal met Visa. Nou die probleem: kry die kaartjies by die naaste Shoprite. Ag %@#$! Dieselfde dame. Dieselfde reaksie. Bel weer vir Computicket. Hulle sê: sê vir haar sy moet retail service bel. Sy roep haar superviser. Twee staar nou na die rekenaarskerm, wat my onterugbetaalbare kaartjies moet uitspoeg. Uiteindelik kry een die blink plan: Bel Retail Service... Eish!!! Later, heelwat later, spoeg die printer die kaartjies uit.
In elk geval- nou het ons 4 kaartjies, 1 voertuigparkering, 4 buskaartjies, 2 dominees, een landdros, en een personeelbestuurder reg vir more se groot game. Ons kort nog die koelboks, die biltong, die naartjies, die Castles... Moet nog Old Mutual bel en die lewensversekering uitklaar, bulletproof baadjies soek... Maar ons sien uit!
Die donkiedrol vir vandag: Daardie bliksems wat vir baba Marzanne Kruger so geslaan het dat sy vandag blind uit die hospitaal ontslaan is. Watter tipe mens moet so 'n pragtige baba so aanrand? Kan die polisie hulle nie Verdrag toe vat, voor op die Casspir vasmaak, en deur die sekelbosse gaan jaag nie? Net so nou en dan verlang 'n mens terug na die ou Suid-Afrika!

Wednesday, May 19, 2010
'n Donkie word gebore/ an ass is born...
Geliefde Broeders en Susters
IN ons gelese teksgedeelte, naamlik Numeri 22, vind ons die wonderlike verhaal van die esel wat kon praat. Bileam word gehuur om die kinders van die Here te gaan vloek, maar die Here hou nie van die idee nie, en belet hom. Bileam ry tog met eersgenoemde esel om te gaan kyk wat aangaan. Soos my ma, en my ouma sou sê: Hy het nie ore nie! Wanneer die doodsengel in die pad staan, gereed met die swaard van oordeel, red die donkie drie maal vir Bielie. Maar drie keer word hy goed geraps. Dan praat die esel, en vra in Numeri 22:28 waarom Bielie hom so slaan. Was hy dan nie nog altyd 'n goeie dierasie nie, betroubaar en van hoë morele sedes? 'n Mens sou kon sê: van pragtige inbors...
Die les wat ons daaruit leer, geliefdes, is dat 'n mens soms hard geslaan word as jy die regte dinge probeer doen. Of, as jy &*& aanjaag, gaan die esel dit dalkies net vir jou sê. Partymaal het 'n donkie 'n beter oog vir die waarheid, as 'n profeet.
Op die platteland voel die dominee soms eensaam. Goeie vriende, en 'n ordentlike bottel rooiwyn om 'n kampvuur nie maklik bereikbaar nie. Om van die KWV op die ys nie te praat nie! 'n Donkie is mos maar geduldig, gedienstig en gedweë. En tog sou 'n dominee (ek haat daardie titel!) ook soms net êrens soos 'n donkie 'n spreekbeurt wou hê. Dis waar hierdie blog sy oorsprong vind. Al lees niemand behalwe my talentvolle, sexy vrou dit nie! Soos Bielie se donkie wil ek ok maar net ietsie sê, so nou en dan. Dalk verstaan ek ook nie altyd hoekom ek so hard gebliksem word nie. Daar is so baie dinge wat ek deesdae oor wonder. Daar is so min antwoorde.
Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël, en ons sien 'n raaiselagtige beeld. Dit sou soveel lekkerder wees om dit eerder op 'n satelietskottel te sien, en te verstaan...

Subscribe to:
Posts (Atom)