Prophet

Prophet, or Talking Ass?

Friday, May 13, 2011

EK soek ‘n nuwe donkiekar- hoe nou gemaak?


Die lewe bly darem net vol keuses. En partymaal is daar heeltemal te veel opsies. Gestel ons het nou in die ou Oos-Duitsland gebly. Dan het iemand met my kwalifikasies ‘n fiets gery van Peoples Democratic Bicycle Factory #43, voorheen bekend as die Treblinka Konsentrasiekamp. Daar was dan twee opsies: met of sonder ‘n klokkie. Standaard in swart.  Het ek nou wel ‘n doktorsgraad in ruimtefisika gehad, het die opsies al heelwat verbeter- dan kon ‘n mens ‘n Trabant gekoop het. ‘n Mens het selfs ‘n paar opsies daarop gehad. Die De Luxe model het uitgekom met ‘n standaard 10 pond hamer, waarmee ‘n mens die carburettor geslaan het as hy nie wil vat in die 9 1/2 maande Oos Duitse winter nie. ‘n Verdere luukse was dat hy dan ook verf op gehad het. Jy het ‘n keuse gehad tussen Kruschev Kapoen ( daardie mengsel tussen pampoen en… jy verstaan…) en Stalin Seesiek- so blouerige groenerige mengsel. Die standaard model het net in een kleur uitgekom- Gagarin se Geroeste Metaal. Dit het vanself gebeur wanneer die motortjie uit die fabriek uitry, en sy naakte staal die suurreën vir die eerste keer ontmoet het- Rustic Rusty.
In die Democratic Peoples Republic of Azania, viva Comrade Malema, viva, het ons egter baie meer keuses. As ‘n mens nou swart was, met ten minste standerd 4 op jou naam, en jy het vriende gehad wat vernoem is na ‘n melkgebasseerde drankie in die Wimpy, dan het jy gewoonlik ‘n hele paar luukse motors gehad, een by elke huis vir mamma, en een by elke huis vir jouself- 20 S klas Mercedesse, of 7 reeks BMWs.
As jy sy Mini-me was, viva Comrade Malema, viva,het jy agt swart Range Rovers gehad, Een vir jou en jou nuutste squeeza, en sewe vir die manne met die swart pakke, wit hemde en rooi dasse.  Dalk nog een net vir al die magasyne van hulle gunne ook.
As ‘n mens egter wel op universiteit was, en wit is, en ‘n vervoertoelaag het, dan lyk sake bietjie anders. Eers belas die regering ‘n mens op 100% van jou vervoertoelaag. Jy hou 57% daarvan oor. Dan belas hulle jou petrol-  nog 20% van jou vervoertoelaag weg. 37% oor. Nou moet jy ‘n kar gaan koop. ‘n Nuwe een het dadelik ‘n emissionstax, wat glad nie gebruik word om besoedeling te bekamp nie, nee, daar word plaaslongdrops op Viljoenskroon daarmee gebou. Jy moet die “emissions” ruik wat daar uit kom! Op jou nuwe kar vat die staat nog 14% BTW- jy het nou 23% oor van jou vervoertoelaag. Maar jy moet budget vir die Gauteng tolskandaal, wat nog R2000 per maand gaan vat van jou vervoertoelaag, of te wel 25% daarvan. Jy het nou -2% van jou vervoertoelaag om ‘n kar mee te gaan koop.  Die enigste voertuig wat dalk nog bekostig kan word, is die bicycle model 7 uit die People’s Democratic Republic of China se Bicycle factory #43 aan die buitewyke van Beijing. Vir ‘n paar rand ekstra gee die China Shop jou ‘n klokkie, wat gewaarborg is om te hou tot jy by die voordeur van die winkel uitstap.

Om welke rede Bileam se DOnkie se nuuste voertuig nou tien jaar oud is, met 200000 km op die klok. Sou ek nou wel ‘n nuwe voertuig kon bekostig, is daar ‘n klein probleempie. Wat koop ek?
Ek benodig iets met wiele waarmee ek in die gemeente kan rondjaag. Verkieslik iets goedkoops, met ‘n diensplan tot op 120 000 km, wat darem 500 000 km op die enjin sal gee, teen 4 l/ 100 km. Daar moet ses mense inpas, en vir die basaar moet daar vleis in groot hoeveelhede vervoer kan word. Dit moet ‘n helse hoë grondvrye hoogte hê om by die boere op die wildsplase uit te kom, en ‘n lae dak om by die ouetehuis se “boom” deur te kan kom.  Dit moenie te luuks wees nie, dan dink die gemeente ek kry te veel geld. Dit moenie te armlastig lyk nie, dan stop die spietkops my by elke padblokkade as hulle my met oom Robert se mense verwar.
Elke motorhandelaar in ons dorp raak skielik weg as hulle my by die voordeur sien instap. As ek uitstap, hoor ek hoe die verkoopsmanne histeries begin te giggel. Ek is so effens verward op die oomblik, en weet nie wat om te besluit nie. Kan jy my dalk raad gee?

1 comment:

  1. Lees gister een blogger se eerbewys aan haar ma en dat sy altyd aan haar gesê het om nie heeldag te kompeteer met ander nie. Jy word dan die een se slaaf omdat jy jouself heeldag met die persoon vergelyk. Mooi gestel, jammer mens vat so lank om wys te word. As ek maar al my grend rygoed se geld van dag in die bank kon had......
    Koop vir jou 'n klein Hyundai, al die gadgets wat die duurder goed het,lig op brandstof, niemand dink jy hou jou grend nie, en die goed hou en hou. My vrou ons plaas paaie en twee studente seuns kon hulle nie stukkend ry nie.

    ReplyDelete