Prophet

Prophet, or Talking Ass?

Wednesday, April 6, 2011

Bileam se Bucket List- Eerste gedagtes

As jy nog nie weet wat 'n Bucket List is nie, skaam vir jou! Het jy so waar as wragtag die beste movie van 2007 gemis? Gaan dadelik Blockbusters toe, en neem The Bucket List uit, van Jack Nicholson en Morgan Freeman. Vir nog meer bonuspunte- ry dadelik na die naaste Musica/ Top CD/ Look & Listen toe (al is dit 800 km ver, ry nou, dit gaan jou misrabele lewe baie verander, selfs die reis gaan jou goed doen uit jou klein wëreldjie uit!) en gaan koop hom vir jou. Weet jy, eendag gaan jy die emmer skop. Jy gaan die lepel in die dak steek. Jy gaan die tydelike met die ewige verwissel. Jy gaan deur die Jordaan. Jy gaan dooi. Hopelik gaan jy saggies heengaan in jou slaap. Jy gaan sterf. Mense gaan van jou praat die dag daarna as "oorle..." of "wyle..."  Gelukkig weet die meeste van ons nie presies wanneer en hoe laat daardie datum is nie. Maar hy is in elke mens se agterkop. Baie mense wonder elke oggend: Is vandag die dag? Die in die Hospitaal se ICU vat dit net baie ernstiger op as die eerstespan rugbyspeler van Hoërskool Piet Potgieter.

Die meeste van ons het nog so bietjie tyd voor die "Grim Reaper" gaan opdaag, met sy swart kleed en sy sekel. Of hopelik die mooiste engel, wat soos Meg Ryan lyk in City of Angels.  Die feit van die saak is, vandag is nie die sterfdag van 99.9 % van die bevolking nie, behalwe as Nasa nou rêrig daardie groot komeet wat teen 'n biljoen triljoen ziljoen ligjare per minuut van die Big Bang af op 'n botsingspad met die aarde is om ons om presies 17h41 GM+2 te tref en met ons almal soos die dinosaurusse te maak- dan is jy in jou ****, sorry. Very sorry. Maar ek dink nie vandag is daardie dag nie. 

Nou as jy nie beplan om vandag al dood te gaan nie, wat beplan jy om wel met jou lewe te doen voor daardie laaste hyg oor die wenstreep? Wat sou jy graag op jou Bucket List wou sit? 
Ek het al nommer 499 'n paar weke terug gepubliseer- 'n Besoek aan Hermanus. Dit is nou doodgetrek op my Bucket List, been there, done that, got the heart damage...

Ek sal die volgende paar weke bietjie meer daaroor dink, en dit dalk so bietjie rondskommel. Hier is so 'n voorlopige enetjie. Help dink, en Comment jou drome saam.

  1. Nadat ek die emmer geskop het, moet my vrou my deur die oond jaag, en die helfte van die assies by die see in Bloubergstrand gaan gooi, daar by die rotspoel tydens laagwater. Die ander helfte moet sy by Clifton se 4e strand gaan gooi, net omdat dit so mooi is daar. (As Jack bo-op die Himalajas in 'n Jêmblik kan wees, kan ek seker in die see gaan swem?)
  2. Ek wil graag op Ouderdom 96 die lepel in die dak steek as die nuwe jong blonde nursie so oor my buk en my laaste stuiptrekkende hoë bloeddruk te neem, en daardie bloesie val so effentjies oop, en dis te veel vir my bejaarde hart om te hanteer. 
  3. Alternatief op item 2- Ek wil graag op 96 'n reuse Harley Davidson besit, waarop ek nog net net met groot moeite kan klim. Ek moet die reputasie hê as die windgat oudste omie in die ouetehuis, en dan mag 'n munisipale bus van daardie tyd maar eendag per ongeluk oor my ry- ek sal baie heppie doodgaan op 'n motorfiets.
  4. Ek wil verskriklik graag my 50e huweliksherdinking met die vrou van my drome vier, saam met die vrou van my jeug, in die Blue Peter hotel in Bloubergstrand. (Ek is gelukkig, dis dieselfde mens in my geval!)
  5. Ek wil as ek oud genoeg is eendag daardie Harley van item 3 besit. Tot dan mag daar maar 'n paar BMW's in my garage staan. 
  6. Ek wil my dogter in die kerk in begelei op haar troudag, en die huwelikseremonie te lei.  
  7. Ek wil die eerste man in drie geslagte wees wat sy kleinkinders ontmoet in my gesin van oorsprong. 
  8. Saam met my vrou op die rand van die Grand Canyon staan.
  9. Eendag in die Stille Oseaan gaan swem, verkieslik by Waikiki strand
  10. My doktorsgraad doen, met 'n verhandeling wat die gang van die kerk verander.
  11. Die hele Camino de Santiago gaan stap van St Jean Pied de Port af, tot by Santiago, saam met my vrou. 
  12. 'n Pragtige drieslaapkamer huisie met 'n dubbele garage, en 'n studeerkamer, en 'n lapa op my naam hê, klaar afbetaal, in Filadelphia in die Wes-Kaap. 
  13. Saam met die bulle in Pamplona hardloop.
  14. 'n Formule 1 wedren in Monte Carlo gaan kyk. 
  15. Ek wil een keer in my lewe 'n aanprysingsertifikaat vir getroue diens kry- my huidige werkgewer het 10 jaar en 15 jaar se geleentheid gemis. 
  16. Ek wil graag een keer regte kreef eet.
  17. Om 'n boek te publiseer, wat meer as 1000 kopië verkoop. (dalk die gewone ou se boek oor Hooglied)
  18.  Route 66 in Amerika met 'n Harley te ry. 
  19. Ek sal 30 kilos ligter wil wees. 
  20. Ry 'n Argus saam met al my kinders. 
  21. Om 'n dag te besef ek het toe vrede met myself gemaak. 
  22. om 'n nuwe kar van my drome te koop.
  23. Om weer 'n Starbucks wit hot chocolate te drink
  24. Om in die Kaap 'n gemeente te kry wat my graag wil hê.
  25. Om 'n sub 4 ure Argus te ry. 
499. Besoek Hermanus

Ek weet nie hoeveel items sit 'n mens op 'n goeie Bucket List nie. 'n goeie een het seker baie dinge op wat jy graag wil doen om ander mense se lewens beter te maak. Myne het nie veel daarvan op nie, ek sal anderdag meer altruïsties begin dink, ek is op die oomblik net redelik in 'n "survival mode". 

Wat sou jy graag op jou Bucket List wou sit? 

4 comments:

  1. Ek het ook hierdie geweldige Wanderlust. Maar het die voorreg gehad om al baie te toer, so, eintlik maak dit nie vir my saak WAARHEEN nie, solank ek net kan saamgaan asb!
    Ek sal graag al 3 my kinders getroud en "gesettle" wil sien voor my dood. 1 trou 6 Mei, die ander is goed op pad en stewig in sy beroep wat Januarie 2011 begin het. Die laaste laatlam in Matriek. Wil darem nog 'n bietjie aandag aan haar gee.
    Wou altyd B Mus doen, maar ek raak bekommerd dat ek nie die Lisensiaat in een of ander instrument betyds gaan kry nie... doen nou blokfluit maar die asemnood is ERG! Gr 6. So daar is nog 'n entjie. Weet nie of ek die wilskrag het om weer hard te begin oefen aan klavier en dit dan reg te kry nie. Intussen doen ek 'n beradingskursus by Hugenote Bybelinstituut wat voor 28 Mei moet klaar wees. Dalk doen ek eerder nog van hulle kursusse.
    Ag, verder is ek op die oomblik tevrede, maar ek weet nie watter mal idee ek dalk oor 4 oomblikke sal kry nie!
    Dankie dat jy daar by my lees! Ek wou nogals gister met die oorspronklike Vrede roep: Biliam! Waar is jou donkie??? :)

    ReplyDelete
  2. O ja, ek wil ook in Spanje gaan stap. Maar het op 'n stadium ernstig begin dink om 'n tipe "geloofstap" van Hermanus tot Bredasdorp te doen. Dis nou eers bietjie op die ys.

    ReplyDelete
  3. Jy het nog NOOIT regte kreef geëet nie!!!??? Nee, o wee, jy moet Kaap toe kom dat ons daai stukkie van jou Bucket List kan regstel. Die res kan ek nou nie juis mee help nie, behalwe om dalk vir jou 'n gemeente hier te soek. Hierdie dominees is tog juis so temerig ;-)

    ReplyDelete