Liewe enkele Blogleser,
Bileam se Donkie is mos 'n Dominee van 'n Susterskerk, soos jy weet. En die een ding wat Bileam se donkie fassineer, is hoe my gemeentelede soms baie, baie vreemde goed kan lees, en vir soetkoek kan opeet. Die een ding wat ek glad nie verstaan nie, is die mense se beheptheid met die hel. So nou en dan kom mense na my toe, baie opgewonde oor boeke wat hulle by die Aksiekampe opgetel het. En daar is 'n paar titels, soos Mary K. Baxter se Revelation of Hell, 23 Minutes in Hell van Bill Wiese (as hy teen Kobus Wiese geskrum het, sou hy die voorreg gehad het om 80 minute in die hel te wees!) , en selfs Choo Thomas se Heaven is so Real, waar dominees hel toe gaan as hulle gemeente nie gehoorsaam is nie. Party hou ook baie van die apokriewe boek die Openbaring van Petrus, waar die hel as 'n groot poel stront voorgestel word, en mense in 'n eindelose ketting teen die rots opklim, induik in die poel in, uitswem en weer agter in die ry val, eindeloos. Al hierdie buite-Bybelse openbaringe van die hel is veronderstel om jou so skytbang te maak dat jy dadelik jou nonsens in die lewe los, en begin glo sodat jy die hel kan vryspring. Die hel is nie speletjies nie, dit is baie, baie erg, sê al hierdie boeke.
Bileam se donkie het nog altyd net geluister na al hierdie bangmaakstories. Sy verstaan van die Bybel sluit nie Fire and Brimstone in nie, as die liefde van Jesus en die nuwe lewe wat Hy met sy opstanding verdien het, nie genoeg is nie, dan is ons in elk geval in ons glorie in. Vrees vir die hel gaan niemand red nie. Tot vandag!
Dit het gebeur! Ek het vanoggend 'n visioen gesien! Ek het 'n Openbaring van die Hel persoonlik beleef. En nee, dit was nie 'n droom nie! Dit was ook nie die gevolg van te veel Klippies en Coke nie, die drie-uur vlug London toe het nog nie oor die pastorie se dak gekom nie.
Vanoggend, toe ek helder wakker was, het ek presies beleef hoe die HEL is. Dit het so gebeur:
Dominees moet deesdae huwelike in persoon by die Departement van Binnelandse Sake registreer. Omdat die Nigeriërs dit regkry om mense te trou sonder dat hulle dit weet, het Binnelandse Sake "opgeskerp". (Glad nie rassisties bedoel nie, maar daar het nog wragtag niks goed uit Nigerië gekom nie!) Nou moet die dominee met so helse dik pak vorms by Binnelandse Sake aankom, en sy vingerafdruk los op die glasskandeerdertjie. Dan is die huwelik sommer vinnig, met die druk van enkele knoppies, geregistereer. En wat dit baie lekker maak, is dat die Kerk se Parlementêre Kantoor dit met die Minister van Binnelandse Sake onderhandel het dat ons soos staatsamptenare behandel sal word- jy stap net eenvoudig tot voor by die toonbank, sit die vorms neer, en woerts- warts is jou werk daar afgehandel. Klink te goed vir woorde.
Nou die Openbaring van Bileam se Donkie- my persoonlike visioen van die Hel.
Die Satan is 'n staatsamptenaar van die Suid- Afrikaanse Republiek, onder aanvoering van sy edele President Jacob Zuma, vir wie ons gereeld bid soos Romeine dit van ons vra. Die HEL is 'n kantoor van Binnelandse Sake. En vir die res van die ewigheid gaan jy probeer om 'n huwelik geregistreer te kry. Hier is 'n tipiese beeld van die hel...
Eers stap 'n mens by ons klein dorpie se plaaslike kantoor van Binnelandse Sake in, daar aan die agterkant van die Landdrosgebou. En daar, in die wagkamer wat so groot soos drie longdrops se binnekant is, sit daar twee honderd Zimbabweërs, en drie honderd donker Suid- Afrikaners en wag. Die Zimbabweërs probeer Suid- Afrikaanse burgers word, sodat hulle met Regsteelende Aksie voor gebore Suid-Afrikaners kan werk kry. Die Suid-Afrikaanse Burgers (almal verlede week nog van Bulawayo en Harare) moet nou nuwe Identiteitsdokumente kry, seker voor die verkiesing, om almal ANC te kan stem- 'n beter lewe vir almal, eendag... Dag vir dag val hulle in die tou om daar te kom sit, in die hoop om êrens voor die Wederkoms gehelp te word met wat hulle nodig het.
Agter die toonbank staan die agterkant van 'n klomp liaseerkabinette. Daar is 'n enkele opening, en daardeur kan 'n mens 'n tipiese moerse groot staatsdienslessenaar sien uitsteek, wat vol sulke bruin toevouleêrs gepak is. Agter die leêrs steek 'n baie, baie goed gevoede dame van etniese oorsprong uit, besig om in te lê in 'n Box KFC. By haar op die lessenaar sit 'n ander baie, baie goed gevoede dame van etniese oorsprong, met so 'n geel glimbaadjie wat sê- "Need help?- ask me" Maar hierdie dame doen haar uiterste bes om oogkontak met die kliënte te vermy. Die een wat agter die toonbank moet help, het weggeraak. Ek vermoed dat sy 'n Christen was, en weggeraap is volgens Tim LaHaye se wonderlike boek- Left Behind. Dit is elfuur in die oggend, en almal is toilet toe, of op lunch, of weggeraap. Vir twintig minute staan Bileam se donkie eselagtig in daardie kantoor. Daar is geen teken van lewe aan die agterkant van die toonbank nie, maar die Staatspatoloog kom nie om die mense te verwyder nie.
Aan die anderkant van die toonbank is daar baie lewe. Die vlieë is gelok deur die reuk van KFC, en draai rond in die drie-longdropgrootte gebou. Daar is geen lugversorging nie, geen waaiers nie, en drie babas skree verwoed, terwyl twee ander hulle reeds stewige moeders se borste verder opblaas. Die Lifebuoy seep was lanklaas gesien, en Mum is te duur.
En daar het jy dit, liewe enkele leser. As jy in hierdie lewe *** aanjaag, is dit die ewigheid: Jy gaan dringend 'n dokument by Suid Afrika se Binnelandse Sake nodig hê. Daar gaan 500 mense voor jou in die ry staan, en die drie mense wat die werk moet doen, gaan F-ol vir jou voel. Jy druk voor niemand van etniese oorsprong in nie, jou blêrrie rassistiese Boer. Dit gaan warm wees, dit gaan stink. En elke keer as jy naby die voorkant van die ry kom, gaan dit 15h45 wees en hulle gaan jou inlig dat jy more asseblief weer moet kom, want hulle gaan nou tjaila- moeg gewerk, verstaan? Batho Pele. Baai tot more, bring 'n barrel saam as jy vinniger gehelp wil word.
Bid vir die owerhede wat oor jou aangestel is, sodat ons rustig kan bly lewe, sê die Goeie Boek. Soms is dit baie, baie moeilik!
Dominee, nou laat jy my met 'n paar vragies:
ReplyDelete1. Met soveel moeite om getroud te kom, voel u nie u moet maar die paartjies afraai om te trou nie?
2. Was u nie veronderstel om ook weggeraap te wees nie?
3. Voel u nie bogenoemde 2 vragies was baie ongodsdienstig nie?
4. u besef natuurlik dat die skryfwer nie een van al die vrae hierbo bedoel het nie???
Bid vir die regering is nogals op my lys vir een van die 40 dae. maar die woorde vir die skryfsel sukkel om te kom... wag seker vir beter dae!
Shame, dit klink foreign vir my. Mal, mal, mal oor jou blog. Dolly
ReplyDeleteHet eers die een comment gemaak en toe klink dit simpel en toe maak ek die ander en nou sien ek hy het albei gepost.
ReplyDeletewel die hell bestaan of jy dit wil glo of nie skrik net wakker voor dat dit te laat is vir jou
ReplyDelete