Prophet

Prophet, or Talking Ass?

Monday, April 25, 2011

Rolprente wat my lewe verander het...

Die ou mense, veral ouer dominees,  het gereeld gewaarsku teen die bose invloed van Hollywood. Wonder wat sou hulle van Bollywood sê? Rodney Seale het seker ook iets oor rolprente gewaarsku, synde dat alle musiek in ons tienerjare nou bose boodskappe sou bevat as jy dit agterstevoor op die platespeler sou speel. Behalwe natuurlik Country, want dan het die ou sy perd teruggekry, sy hond het nie gevrek nie, en sy vrou, Lucille, het hom nie met vier klein kindertjies in die veld agtergelaat nie. Handel se Messiaskoor en Don Francisco was glo ok, maar die res van die musiek het jou stadig, sonder dat jy dit geweet het, hel toe meegesleur soos die seestroom by Ballito.  Maar ek dwaal af. Rolprente. Ja, daar was nou nie eintlik wat jy kon kyk nie, het die oumense gesê. Behalwe Bud Spencer en Terrence watsyvannouweer Hill? in die skoolsaal op 'n vrydagaand, as pappie en mammie by die Yskorsaal wou gaan dans het voordat hulle so die moer in vir mekaar geraak het dat hulle nie meer gedans het nie. Sorry- dwaal al weer af.

Van kleins af het rolprente my betower. Ek dink dit was omdat ek vir daardie 90 minute, of hoe lank ook al, net heeltemal kon ontsnap uit my eie realiteit. Dit het die vermoë gehad om my mee te sleur na wêrelde wat anders was as die industriële dorpiie van my jeug. Daardie liefde is vandag nog net so sterk. Ek het oor die 500 dvd's in my versameling. Ek kyk graag Sondagaand se MNET fliek, behalwe as dit nou regtig 'n swak een is. Vir lank was dit die enigste af tyd in my week! Daardie oorgang van Sondag se aanddiens na Maandag oggend se siekebesoeke...

Watter rolprente het my lewe aangeraak? Daar was natuurlik so baie, en dis baie moeilik om hulle te rangskik- (daardie primaat gedrewe neiging om te klassifiseer in meme's, dit bly hand-uit ruk in my geval, Neander!)So- gebruik bullets ipv nommers.
  • Ben Hur- moer lank, maar vir baie jare die grootste Oscarwenner. Ek het die eerste helfte op 'n CSV kamp gesien, sou die volgende aand die ander helfte sien en toe breek die film. Het jare gewag om die storie klaar te kyk.
  • Titanic- veral die toneel in die ou kar! En die droom van 'n nuwe begin in Jack se hart, en die balls om vir die meisie te gaan, al was sy nie in sy klas nie.
  • Avatar in 3D- sommer net oor daardie menslike neiging om alles wat mooi is, op te donder vir wins. Die interkonnektiwiteit van alle lewende wesens.
  • Three Colors Blue- ek is mal oor Juliette Binoche. Die musiek is van die heel mooiste wat ek al gehoor het, het die soundtrack gesoek tot ek dit vind. Dis op 1 Korintiërs 13 gebasseer.  Three Colors Red en White was goed, maar nie naastenby soos Blue nie!
  • Chocolat- die klein dorpie mentaliteit van 'n gemeenskap, daardie helse vooroordele wat mense kan hê teenoor mense wat anders as hulle is. En hoe liefde alles kan oorwin. (Ek is 'n baie sentimentele sucker, ek weet!)
  • English Patient (sien julle die aktrise raak in die vorige paar? Sorry- het nog nooit Country of my skull gesien nie. ) Liefde, opoffering, versorging, verdagmakery, uitstekende musiek, en enige ding met ou vliegtuie in...
  • Ou vliegtuig lei na Walt Disney se The Kid, met Bruce Willis. Oor hoe ons ons eie drome kan verkrag, en baie mislik kan wees met die kind in elkeen van ons. En hoe dit nooit te laat is om te verander van koers om jou droom na te jaag nie. Excellent- veral daai rooi vliegtuig! 
  • Unforgiven- Clint Eastwood. oe 'n mens sukkel om van jou verlede en jou ware karakter te ontsnap, maar hoe daar in die hardste hart ook liefde gevind kan word. Die hele neukery van oud word.
  • The Bucket List- Morgan Freeman en Jack Nicholson- hoe ons regtig ons drome moet najaag, want ons leef net een keer. 
  •  August Rush- Liefde wat bedoel was om te wees, kom bymekaar uit. Talent word op die vreemdste plekke gevind. En daardie musiek- ek is smoorverlief op 'n girl met 'n tjello! 
  • Shrek- almal van hulle! Vir daai poep in die modderbad...
  • Lion King- om jou bestemde rol in die lewe te ontdek en vol te staan ten spyte van al die teenstand.
  • Secondhand Lions!!! To grow old disgracefully- my lewensideaal as dominee! Dalk moet hierdie een heel bo aan die lys staan!
  • Austin Powers 1-3- want die rebel in my kies om dit baie te like!!!
  • Kill Bill Vol 1 en 2- Mag 'n dominee van die sentrale gedagte van wraak en die Pussywagon hou? Uma Thurman is uitstekend, en die fyn humor en afwisseling van genres is uitstekend.
  • Lord of the Rings 1-3 vir daardie uitstekende verfilming- baie baie netjies tegnies gedoen!
  • As good as it gets- Jack Nicholson is maar net 'n meester, al like my ma hom niks. Om oor jou eie vooroordele te kom en die mens in iemand anders te ontdek en waardeer. Ons is tog almal saam in die bootjie van die lewe!
  • American beauty- net omdat Kevin Spacey so gelukkig daarin doodgaan!
  • Sin City- Verfilming, storie was vir my uitstekend.
  • Click- Ontdek wat jy in die lewe reeds het, en wees dankbaar daarvoor. Moenie dinge wegwens nie.
  • The Family Man- Nicolas Cage- Hoe meet jy 'n suksesvolle lewe? Wanneer het jy genoeg? 
  •  Indiana Jones, Raiders of the lost Ark. (Op skool baie beïndruk daarmee)
  • Gladiator- vir daardie scene waar hy so in die koringland na sy dooie vrou en kind toe stap. En as hy die keiser se ass kick.

Mees onlangse flieke gesien:
  • The Girl with the Dragon Tattoo en The Girl who played with Fire. Baie goed, vars aanslag op al die Amerikaanse aksie, nog nie heeltemal so lewensveranderend soos die boeke nie... 
  •  Amelie gekoop op ebay- toe is die Frans net met Poolse onderskrifte- wil dit baie graag met Engels sien...
  • Knight and Day- so-so, hou nie baie van Tom Cruise nie (behalwe in Top Gun) enook nie van Cameron Diaz nie (behalwe in Something about Mary)
Wil nog steeds baie graag sien:
  •  Babette's Feast- kry hom nêrens in die hande nie... 
  •  Jeanne se Modigliani- net omdat die ander rolprente op haar profiel so inpas in my smaak, sal ek graag dit wil sien.
  • Unbearable lightness of Being- het hom op universiteit 20 jaar gelede gesien omdat ons so daarteen gewaarsku is, sou graag weer wou sien. 
Kon nog nooit wakker bly in:
  •  Evita (nee, nie Bezuidenhout nie, Madonna en Banderas) het al 3 keer probeer, raak ELKE keer aan die slaap!
Gunsteling Aktrises- Juliette Binoche loshande! Uma Thurman. Radha Mitchell.  En Kristen Scott Thomas.

Gunsteling Akteurs- Johnny Depp. Bruce Willis in komedies soos Whole 9 yards. Liam Neeson. Soms Russell Crowe.George Clooney

Wie gee my 'n pyn? Daardie blonde van Scary Movie. Jim Carey (behalwe in Bruce Almighty) Mel Gibson. Meg Ryan (was 30 jaar gelede mal oor haar, sy lyk nog net dieselfde!) Leon Schuster. En as Paris Hilton 'n kameerol speel in 'n movie- ek verstaan nie haar bestaan nie...

Watter goeie moevies dink jy het ek gemis?

6 comments:

  1. Dis 'n klomp goeie rolprente wat jy noem en ek stem met amper almal van hul saam. Vir myself sou ek Forrest Gump, Edward Scissorhands en Braveheart by sit

    ReplyDelete
  2. Forrest Gump!!! Hoe kon ek hom vergeet het! Stem ook saam oor die ander twee!

    ReplyDelete
  3. OK, uit 'n suiwer vroulike oogpunt, wat drama's en komedies verkies - hier is nog drie - An officer and a gentleman, met Richard Gere, Robin Hood: Prince of Thieves, met Kevin Costner en Dirty Dancing met Patrick Swayze "Nobody puts Baby in the corner" LOL

    ReplyDelete
  4. Jy kan gerus 'As it is in heaven' uitneem en kyk.

    ReplyDelete
  5. My vrou is mal oor Richard Gere, het dit LANK terug gesien. RObin Hood was mooi lank gelede, en Dirty Dancing op skool gesien- drie goue oues.
    Adoonsie, het dit gesien, hy kan ook gerus op die lys kom, ek het dit baie geniet. My vrou sê net my blogs is te lank, dis hoekom niemand dit lees nie.

    ReplyDelete
  6. Ek lees dan?! LOL En ek moet deur die hengse spam ding gaan wat jy hier inhet om kommentaar te los, maar hou dit eerder so...

    ReplyDelete