Prophet

Prophet, or Talking Ass?

Thursday, April 14, 2011

Middagete vir Mamma...

Dit is een van daardie dae... Bileam se Donkie is nie lus vir werk nie. En dan het Jeanne se blog boonop sulke wonderlike inspirasie gisteraand bevat... Dit neuk vandag se preekmakery heeltemal op!

Vanoggend is Anna skool toe. Ek het die een aksie by ons gemeente gemis, omdat ek na 'n ander geleentheid toe gegaan het, wat intussen gekanselleer is. Ek het nie ander afsprake vanoggend gehad nie.
Toe het ek maar eers by die Wimpy Take Away Mocha Chocka gaan koop, twee van hulle, en pousetyd saam met my vrou gaan kuier by die spoeg en plak skool.
Sy het die heimlike begeerte uitgespreek dat daar ietsie warms (behalwe nou ek!) by die huis sal wees as sy twee uur moeg en oorlaai van haar skool af kom.

En hier is die ete wat vir haar wag...
Ontbeende hoenderborsies op 'n bed van rys, met groente bedien...

Eers 'n ui gebraai (dis daai tyd van die maand wat payday aanbetref, ongelukkig niks olyfolie nie, sommer die sonneblomgemors gebruik). Bietjie kerrie, koljander en komyn en die laaste bietjie Nederburg Baronne (goeie herinneringe!) ingegooi, toe die hoenderborsies gebraai daarin. Baba- aartappels en gemengde groente bygevoeg op die bestemde tyd, met 'n handvol braaisout. Die rys is dit wat oor is in die pastorie- helfte wilde bruin rys, helfte Tastic.

Soos die kinders van die skool af kom, moet hulle die tafel dek. Alles is gereed vir twee uur, mamma moet net kom aansit.
Posted by Picasa

2 comments: